top of page
All Posts


Waar dryf jou bootjie vandag?
Ek was hopeloos te lank terug hier. Hierdie spasie laat my voel asof ek op ’n klein roeiboot die natuur in dryf. Hier is ek vry om sommer net te deel, te voel, te wees. Die verkenningstog waarop ek einde 2025 geklim het, het my na plekke in myself geneem wat ek lankal vermy het. Plekke van groei, ja – maar ook van eerlike aanvaarding. En iewers tussen dit alles het ek besef: dit gaan nie net oor my nie. Dit gaan oor die Een wat my bootjie regop hou, selfs wanneer ek nie eers

Janke Page
7 days ago3 min read


Herontdek jou sprankel!
Ek het die afgelope paar dae tyd geneem om te besin oor die “waarom” vir hierdie blog. En dit het in die afgelope 24 uur my voor die kop getref – met baie heraling, baie duidelike herinnering en groot oorgawe – dat hierdie blog sal gaan oor vroue. Die vrou binne jou, die vroue rondom jou, die vrou binne my, die vrou wat wag om te word… elke liewe vrou. En hierdie spasie sal soms negatiewe oomblikke ervaar, ander dae die groot en klein van die mooi in hierdie lewe, maar elke d

Janke Page
Nov 25, 20253 min read


Met die deur in die huis...
Kom ek val sommer met die deur in die huis, so op dag een, blogpost nommer 1 of 3, ek weet nie eintlik eers meer nie: Waarheen is jy oppad? Jy wat hierdie lees – waarheen jaag jy? C’mon, toe, maak daardie lysie “To Do’s” waarmee jy besig is. En hoe gaan ek jou kry om gou te stop , asem te haal, tot 10 te tel en gou weer hierdie post by woordjie nommer 1 te begin? Dis binne jou. Jy weet wat jy moet doen. So sit gou jou pen, jou foon, jou “to do” lysie neer – dan check jy gou h

Janke Page
Nov 12, 20252 min read


Dankbare Hart
Ek vind myself gedurig in ‘n posisie waar ek vir almal vertel hoe besig ek is, hoe die jaar weghol met my en hoe daar nie genoeg tyd in 'n dag is nie - dit alles terwyl ek skaam my kop sak, want ek is regtig dankbaar daarvoor - maar vertel dit nie altyd aan almal oor nie. Ek besef ek is nie alleen (al een) nie. Ek vra vandag vir iemand of almal soos afkop hoenders met dankbare harte rondhardloop en of dit net ek is, maar die vraag is retories want ek WEET dit gaan by almal so

Janke Page
Nov 12, 20252 min read


Welkom by Stilkrag.
Daar druk al lankal ’n brief op my bors — om hierdie blog te begin, vir myself, en hopen lik later ook vir ander. Ek wil eerlike gesprekke aan die gang sit, in ’n ruimte waar dit welkom is – waar sagtheid sinoniem is met krag. Ek wil die mooi van hierdie lewe, wat so fyn verweef is met die sleg, hier uitvlek – eerlike, opregte woorde waarin ons weer moed en berusting vind in wie ons is. Daar is vir my niks mooier as ’n vrou met sagtheid in haar oë wanneer haar hart sterk moet

Janke Page
Nov 12, 20251 min read
bottom of page
