top of page
Search

Dankbare Hart

  • Writer: Janke Page
    Janke Page
  • Nov 12
  • 2 min read

Ek vind myself gedurig in ‘n posisie waar ek vir almal vertel hoe besig ek is, hoe die jaar weghol met my en hoe daar nie genoeg tyd in 'n dag is nie - dit alles terwyl ek skaam my kop sak, want ek is regtig dankbaar daarvoor - maar vertel dit nie altyd aan almal oor nie.

Ek besef ek is nie alleen (al een) nie.

Ek vra vandag vir iemand of almal soos afkop hoenders met dankbare harte rondhardloop en of dit net ek is, maar die vraag is retories want ek WEET dit gaan by almal so!

Die realiteit is, of jy dit besef of nog bietjie oortuiging nodig het – daar is ‘n magdom dinge waarvoor ons dankbaar kan wees. Ek het geleer dat mens dankbaar mag wees dat mens moeg is, en dat mens nie, omdat jy gelukkig is, nie moeg mag word nie.

Hiermee sukkel ek nog elke dag – as iets dan vir my lekker is, waarom raak ek daarvoor moeg?

Voorbeeld: Ek geniet dit vreeslik om kos te maak vir my man, hoe kan ek dan moeg raak daarvan om kos te maak? En dan skop die skuldgevoel in, want ek is moeg, maar ek wil graag vir my man ‘n bord kos op die tafel sit wat uit liefde versigtig vir hom aanmekaar gesit is, met alles wat hy graag in sy bord wil sien en in my geval, geen blare of  groen “bokkos” nie! En dan voel ek skuldig wanneer ek moeg raak om kos te maak – en ek leer nog dat dit okay is! More maak ek weer ‘n lekker lamsboud, steek die groente in die sous weg en dan smul my man heerlik aan sy vleis sonder groente!


Blessings en passie beteken nie dat jy nooit weer ‘n af dag mag ervaar, of dat jy vaal as vrou wanneer jy moeg word nie. Hier MOET ek my dominee aanhaal: My karretjie kan nie ry as die petrol op is nie! Soms gaan die liggie aan voor ons weer kan volmaak. Luister na hierdie liggie van jou! Dit is die een liggie wat nie mag skyn nie, die ander – laat dit skyn!


Kan jy hoor hoe my hart met elke woord sagtheid aanspoor, hoe ek met elke woord myself losmaak van verwagtinge, meestal die wat ek vir myself daargestel het – kan jy hoor hoe dit okay is om moeg te raak?

Vandag voel hierdie afkop hoender of haar vere weer terug is, sy kan nou maar weer, met haar dankbare hart, haar eiertjies almal met liefde gaan versorg!



 
 
 

Comments


Surreal Glass Flowers

​Ek nooi jou uit om saam met my te groei, te skryf en te deel — jou storie, jou stilte, jou krag. Stilkrag is ’n ruimte vir eerlike woorde en sagte groei, en ek sal graag van jou wil hoor.

 

Kontak my, en laat ons saam die mooi in ons menswees ontdek.

Oor hierdie ruimte

Welkom by Stilkrag. Hierdie ruimte is geskep met sorg en eerlikheid — ’n plek waar woorde groei en harte rus vind. Om hierdie ruimte veilig en respekvol te hou, vra ek dat jy asseblief die volgende lees en verstaan.

1. Privaatheid

Ek respekteer jou privaatheid. Enige persoonlike inligting wat jy met my deel — soos jou naam, e-posadres of boodskappe — sal slegs gebruik word om met jou te kommunikeer of om die blogervaring te verbeter. Ek sal nooit jou inligting verkoop of sonder toestemming deel nie.

2. Vrywaring

Die inhoud op Stilkrag is bedoel as inspirasie, refleksie en persoonlike deel. Ek deel uit my eie ervaring en perspektief — dit is nie professionele advies nie. Elke leser bly verantwoordelik vir haar eie groei, keuses en reis.

3. Outeursreg

Alle woorde en beelde op Stilkrag is oorspronklik, tensy anders vermeld. Jy is welkom om te deel wat hier geskryf staan — maar asseblief met erkenning en ’n skakel terug na Stilkrag.

 

4. Kontak

Ek hoor graag van jou. As jy enige vrae het oor hierdie beleid, of eenvoudig net wil deel, kan jy my kontak via die kontakblad of per e-pos.

 

Dankie dat jy hierdie ruimte met respek en sagtheid betree. Mag Stilkrag altyd ’n plek wees waar eerlikheid en hoop stil krag vind.

© 2035 by Stilkrag. Powered and secured by Wix 

bottom of page