top of page
Search

Herontdek jou sprankel!

  • Writer: Janke Page
    Janke Page
  • Nov 25, 2025
  • 3 min read

Ek het die afgelope paar dae tyd geneem om te besin oor die “waarom” vir hierdie blog. En dit het in die afgelope 24 uur my voor die kop getref – met baie heraling, baie duidelike herinnering en groot oorgawe – dat hierdie blog sal gaan oor vroue. Die vrou binne jou, die vroue rondom jou, die vrou binne my, die vrou wat wag om te word… elke liewe vrou. En hierdie spasie sal soms negatiewe oomblikke ervaar, ander dae die groot en klein van die mooi in hierdie lewe, maar elke dag pynlik eerlik!

Ons onderdruk genoeg ons rou emosies en hier sit ek nou my voet, my hande en alles wat nodig is neer, sodat ons kan besef hoe belangrik dit is om te praat!

So, sonder om skuldig te voel, deel ek hier my ervaring as jong vrou in ‘n fisiese wêreld, die battles van geloof en die ongelooflike reis na ‘n vrou met Stilkrag.


STILKRAG – Vir vroue wat met sagte hande en sterk harte kies om die lewe met krag en kalmte aan te pak.


Gisteraand skryf ek my storie. My verhaal. Ek begin by die begin. Ek werk hom deur van hoek tot kant – dit is lank en op party plekke morbied, maar daar kom sulke stukkies lig deur die krake, elke nou en dan. Jy sien hoe die gebreekte porselein bakkie nuwe lewe kry wanneer jy besef jy moes nooit soos die ander gelyk het nie. Cliché, ek weet, maar sien die lig vir wat dit bring en volg gou hierdie woorde van my…


Die storie waaraan ek skryf wil ek nog nie hier deel nie, dis nog rou en daar moet nog baie bygevoeg word, en daarom laat ek dit eers rus.


Die een ding wat ek wel vir jou wil vra, is:

Maak reg met die vir wie jy seer veroorsaak het. As jy moet regmaak met iemand… as daar iets op jou bors druk, jou terughou… gaan sort dit uit! Hierdie storie gaan nie oor tyd wat uitloop of dae wat kort is en die lewe wat te gou verby is nie, nee, hierdie storie gaan oor jou, jou lewensmaat, jou kind, jou vriendinne, dit gaan hier oor jouself! Sê jammer waar jy moet, maak reg waar jy kan, en dan vergewe jy jouself!!!


Daar is ‘n dame, Antoinette Pienaar, sy vertel graag stories op Facebook vir Bruis – en ek dink sy verstaan iets van hierdie lewe wat ek nog wil leer!


Haar stories en haar insig motiveer my om ‘n bietjie langer te dink oor die kleiner dinge en sy het my nou die dag herinner aan die woordjie muchness, wat in Alice in Wonderland gebruik word. Muchness verwys in die film na ‘n persoon se innerlike sprankel. En ek wil by jou weet, wat is jou muchness? Nes tannie Antoinette Pienaar van Bruis op Facebook vra: Wat is jóú muchness? Weet jy nog? Ek moes ‘n laaang draai stap om te hoor wat die Here hier vir my wil sê,wat Hy van my wil hê, en ek moes besef dis gehoorsaamheid. Ek moes kaan krap waar dit seer is om te besef my muchness, dit wat my, ek maak, is lankal reeds onder ‘n klip vergeet – EN TOE besef ek dat ek verloor het wie ek is toe ek begin luister het na wat die wêreld, of die een of twee mense wat my dit wou laat glo, gesê het ek is. En ek moes dit gaan uitkrap en ek moes besef dat ek nodig het om myself te vergewe. Maar voor ek daarby sou kon uitkom het ek nodig om vergifnis te vra, met ‘n opregte hart van die vir wie ek seergemaak het in ‘n tyd waar my seer my omhels en versmoor het.

Dit het my 19 jaar geneem om hierdie kriewel in my bors los te maak, om hierdie drukking ‘n naam te gee en om te besef, ek is vrygespreek en my muchness is wat my man, my familie, my vriende en ander vroue rondom my nodiig het. My muchness is die vrou wie ek nodig het, en sy leef hier binne my.

Ons elkeen se waarheid lê in verskillende sinne met verskillende woorde, die kommas en stiltes klink vir ons uiteenlopend want ons muchness is deur Jesus geskape - uniek en baie goed beplan. Doen die week ‘n brawe ding – Gaan vind jou muchness! En kom vertel vir my dan van jou Stilkrag!

Ek het nog ‘n paar stilhou plekkies in ander se harte oor, waar ek my seer moet gaan haal en hul seer saamneem om dit op te pak en weg te gooi, voordat my muchness weer sal much!

Maar vrou, glo jy vir my, die Stilkrag-vrou wat hierdie pad kan stap is binne my en binne jou!



 
 
 

Comments


Surreal Glass Flowers

​Ek nooi jou uit om saam met my te groei, te skryf en te deel — jou storie, jou stilte, jou krag. Stilkrag is ’n ruimte vir eerlike woorde en sagte groei, en ek sal graag van jou wil hoor.

 

Kontak my, en laat ons saam die mooi in ons menswees ontdek.

Oor hierdie ruimte

Welkom by Stilkrag. Hierdie ruimte is geskep met sorg en eerlikheid — ’n plek waar woorde groei en harte rus vind. Om hierdie ruimte veilig en respekvol te hou, vra ek dat jy asseblief die volgende lees en verstaan.

1. Privaatheid

Ek respekteer jou privaatheid. Enige persoonlike inligting wat jy met my deel — soos jou naam, e-posadres of boodskappe — sal slegs gebruik word om met jou te kommunikeer of om die blogervaring te verbeter. Ek sal nooit jou inligting verkoop of sonder toestemming deel nie.

2. Vrywaring

Die inhoud op Stilkrag is bedoel as inspirasie, refleksie en persoonlike deel. Ek deel uit my eie ervaring en perspektief — dit is nie professionele advies nie. Elke leser bly verantwoordelik vir haar eie groei, keuses en reis.

3. Outeursreg

Alle woorde en beelde op Stilkrag is oorspronklik, tensy anders vermeld. Jy is welkom om te deel wat hier geskryf staan — maar asseblief met erkenning en ’n skakel terug na Stilkrag.

 

4. Kontak

Ek hoor graag van jou. As jy enige vrae het oor hierdie beleid, of eenvoudig net wil deel, kan jy my kontak via die kontakblad of per e-pos.

 

Dankie dat jy hierdie ruimte met respek en sagtheid betree. Mag Stilkrag altyd ’n plek wees waar eerlikheid en hoop stil krag vind.

© 2035 by Stilkrag. Powered and secured by Wix 

bottom of page