Welkom by Stilkrag.
- Janke Page

- Nov 12
- 1 min read
Daar druk al lankal ’n brief op my bors — om hierdie blog te begin, vir myself, en hopen
lik later ook vir ander. Ek wil eerlike gesprekke aan die gang sit, in ’n ruimte waar dit welkom is – waar sagtheid sinoniem is met krag.
Ek wil die mooi van hierdie lewe, wat so fyn verweef is met die sleg, hier uitvlek – eerlike, opregte woorde waarin ons weer moed en berusting vind in wie ons is.
Daar is vir my niks mooier as ’n vrou met sagtheid in haar oë wanneer haar hart sterk moet wees nie.
Soms sal ek sommer liggies skryf – oor blomme en die reën, oor geloof en hoop. En ander dae oor die diep donker plekke waar ek myself soms bevind – net soos jy dalk ook, wanneer die wolke swaar oor jou hart hang, en die donkerte jou probeer oortuig dat jy self die donkerte is.
Hier gaan ek myself ontdek, stadig met grasie groei, en leer om myself weer lief te hê. En ek nooi jou uit om dit saam met my te doen – net hier.
So kom sit hier in die stilte, nes jy is, met of sonder krag, saam met my – terwyl ons die lewe woord vir woord liefkry en koester.Miskien vind jy iets van jouself in hierdie woorde, of dalk net ’n bietjie rus vir jou eie siel.
Welkom by my reis.Welkom by Stilkrag.





Comments