Met die deur in die huis...
- Janke Page

- Nov 12
- 2 min read
Kom ek val sommer met die deur in die huis, so op dag een, blogpost nommer 1 of 3, ek weet nie eintlik eers meer nie:
Waarheen is jy oppad? Jy wat hierdie lees – waarheen jaag jy? C’mon, toe, maak daardie lysie “To Do’s” waarmee jy besig is. En hoe gaan ek jou kry om gou te stop, asem te haal, tot 10 te tel en gou weer hierdie post by woordjie nommer 1 te begin? Dis binne jou. Jy weet wat jy moet doen. So sit gou jou pen, jou foon, jou “to do” lysie neer – dan check jy gou hoe cool hierdie spot vir ons sagte, kragtige vroue gaan raak!
Dis November 2025 guys – wanneer gaan ons leer dat al hierdie dinge waarna ons jaag ons net stadiger maak vir dit wat ons hier op aarde moet kom doen?
Ek het tot ‘n skokkende gevolgtrekking gekom in my eie lewe – die een waarin ek so hard probeer om ander gelukkig te maak: Daar is soveel meer vir ons om te beleef, of dalk bietjie minder – die mooiste oomblikke gaan by ons verby, baie keer omdat dit nie die groot oomblikke is nie.
So, hierdie blog gaan oor die lewe, die regte egte lewe – nie die een waarheen ons so jaag nie!
My oortuigings is gegrond in my geloof, my passie en die dinge waarvoor ek lief is. Ek skryf oor vroue wat die wereld oorwin met sagtheid – die vroue wat weier om toe te kyk hoe die lewe verby vlieg terwyl sy WEET daar is meer – en die meer, is dalk minder.
Ds J Nortier, in my opinie, een van die coolste mense wat bestaan, vertel graag vir my dat ek maar ENGEN toe kan ry (Na vriendinne of dinge wat my siel vol maak), en sonder skuldgevoel my tenk mag volmaak – want met ‘n leë tenk kan ek vir niemand ‘n lift gee nie! Maak tyd vir JOU – en moet nie wag vir 2026 se nuwejaarsvoornemens nie – doen dit nou. Maak tyd vir JOU en skryf dit in jou dagboek – en “come hell or high water”, jy laat niks en niemand toe om daardie tyd by jou te steel nie.
Kom journey saam met my, want ek wed jou, erens gaan die liggie aangaan – die jaag moet stop. Ons Vader hou meer in vir jou en my as wat die wêreld ons oortuig – so kom, swem teen die stroom, vind vir jou ‘n ritme wat werk, kom maak jou tenk hier vol – hier sal altyd genoeg vreugde bly!
Oh ja en…. Bear with me – ek figure dit self nog uit, maar ek wil by jou leer – so kom môre of oor ‘n week weer terug – dalk is hier iets waarvan jy hou!





Comments